Podlitiek maak 'n plan en bring vir jou hierdie week se nuus vanaf ons virtuele ateljee. Die span bespreek die Suid-Afrikaanse staat se versuim van ons vryhede tydens die grendelstaat, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wat al weer die kat aan die stert beet het asook Moody's se afgradering van Suid-Afrika na rommelstatus.
Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!
Menere. Ek luister al vir n kort rukkie. Ek stem nie noodwendig saam met baie van jul opinies rakende VSA politiek nie, maar ek waardeer jul bespreekings in die algemeen. Ek let onlangs op in die Amerikaanse podcasts waarna ek luister hul tegniek vir opnames. Wanneer hul 'n onderhoud voer met iemand oor die foon vra hul gewoonlik die persoon om hulself terselfdertyd op te neem dmv n voice memo app op n 2de foon of toestel. Hul gebruik dan daardie klank file wanneer die episode geredigeer word. Dit maak die klank kwaliteit x100 beter as om bloot iemand se stem oor n foon konneksie op te neem. Probeer dit. 'n Goeie voorbeeld is die nuutste episode van "Hidden brain" : "playing tight and loose"